FAMILIEBOERDERY IN SUID-AFRIKA
R220.00
Beskrywing
Familieboerderye is die ruggraat van die Suid-Afrikaanse boerderybedryf. Hoe kan ’n familieboerdery suksesvol bedryf word? Besplan só vir die oorlewing daarvan.
Die skrywers van Familieboerderye in Suid-Afrika, Elmarie Venter, Theo Vorster en George Robertson, het met van die suksesvolste familieboere en -maatskappye in Suid-Afrika gepraat en gee kundige raad oor onder meer:be
*Die voor- en nadele van verskillende scenario’s en bestuursmodelle van familieboerderye.
*Sinvolle, proaktiewe en praktiese bestuursopvolgbeplanning.
*Finansiële beplanning, aftrede en testamente.
*Risikobeplanning.
*Hoeveel is genoeg vir ’n rustige aftrede sonder dat dit ’n verdere las op die boerdery plaas.
*Die rol van die boer se lewensmaat en hoe sy of haar regte beskerm word.