MY OLIFANTMAATJIE

R520.00

Voeg by wenslys
Voeg by wenslys
Kategorie

Beskrywing

My Olifantmaatjie is ’n vriendelike olifant wat kleuters leer van hand, voet en die ABC-liedjie.

Hy leer hulle ook van kleure en verskillende vorms. Daar is selfs ‘n rympie. Hy is sag en maklik hanteerbaar.

My Olifantmaatjie is 40cm hoog en 20cm breed en werk met drie AAA-batterye. (Batterye is ingesluit in jou bestelling.)

  • As jy op my linkerhandjie druk, dan leer ek jou van “hand”.
  • As jy op my regterhandjie druk, dan leer ek jou die Oom Olifant-rympie.
  • As jy op my voetjies druk, kan ek jou die ABC-liedjie leer en ook van “voet”.
  • As jy op my magie druk, leer ek jou van verskillende vormpies.
  • As jy weer op my magie druk, leer ek jou van verskillende kleure.

Dieremaatjies is opvoedkundige speelgoed in Afrikaans.