LANDBOU BOEREKOS (21)

R88.00

In Stock

Kategorie

Beskrywing

In Boerekos somer 2022-’23 vier die kos wat ons geniet in die warmer maande, die somervakansie en feestyd. Propvol smullekker resepte vir jou volgende piekniek of padkos, flatervrye resepte vir kleinkoekies en yskastert, vars somerslaai en moeitevrye vakansiekos en nie minder nie as vier mondwaterlekker spyskaarte vir Kersfees. Met meer as 150 resepte sal dit jou beslis lekker lank inspireer en aan die kook hou! Wees op die uitkyk vir Landbou Boerekos somer 2022-’23 by ’n winkel naby jou teen slegs R88. ’n Beperkte aantal Boerekos-tydskrifte word verpak saam met ’n tydskrif spesiaal vir laerskoolkinders. LandbouKind bevat stories oor inspirerende jong entrepreneurs en junior boere, resepte vir kinderkos, partytjie-idees, handwerkprojekte, woordspeletjies, raaisels, grappies en nog baie meer.