LANDBOU BOEREPLANNE (7)
R75.00
In Stock
Beskrywing
Lees in die 2022-uitgawe van Landbou Boereplanne oor die jongste planne wat boere gemaak het om probleme te oorkom of die lewe vir hulself en ander boere makliker te maak. Die planne omvat alles van risikobestuur tot saaiboerdery, veeboerdery en tuinbou. Daar is ook artikels oor gereelde planmakers. Jy kan onder meer lees oor ’n klein hystoestel wat ’n deeltydse boer van Gauteng ontwikkel het om swaar voorwerpe manalleen op en af te laai, oor ’n taai kunsmisstrooier wat ideaal vir Afrika-toestande is, en oor ’n aangepaste toediener vir vloeibare kunsmis wat ’n Vrystaatse graanboer se mielie-oes help red het. Turksvye as veevoer kom weer in die kollig danksy nuwe tegnologiese ontwikkelinge, en daar is verskeie planne vir veehantering – onder meer ’n grootmaathanteerder vir kleinvee wat ’n vleisbokboer van Limpopo gebou het. Moet beslis nie hierdie uitgawe misloop nie.