LANDBOU BOEREPLANNE (8)

R80.00

Lees in vanjaar se uitgawe van Landbou Boereplanne oor die jongste planne wat boere gemaak het om probleme te oorkom of volhoubaarder te boer. Die planne omvat alles van waardetoevoeging tot saaiboerdery, veeboerdery en tuinbou.

In Stock

Kategorie

Beskrywing

Lees in vanjaar se uitgawe van Landbou Boereplanne oor die jongste planne wat boere gemaak het om probleme te oorkom of volhoubaarder te boer. Die planne omvat alles van waardetoevoeging tot saaiboerdery, veeboerdery en tuinbou. Daar is ook artikels oor innoverende planmakers en ondernemings. Lees onder meer oor ’n boer wat sy eie skaapras ontwikkel het om die ongenaakbare Namibwoestyn te tem, oor ’n “wipplank”-sonpaneelontwerp om sonlig vir ’n paar uur langer per dag op te vang, oor ’n ligte spuit vir graanboere om onkruid maklik uit te knikker, oor ’n kaasmaker wat sy waterbuffels geneties verbeter met ingevoerde semen, oor hoe wingerboere langs die Oranjerivier dekgewasse inspan om vir beter grondgesondheid, en oor hoe slakboerdery besig is om ’n goeie bron van inkomste vir Suid-Afrikaanse boere te word. Daar is oudergewoonte ook weer interessante planne van toeka se tyd.