LANDBOUWEEKBLAD TEGNOLOGIE (2)
R70.00
In Stock
Beskrywing
Die tweede uitgawe van Tegnologie, Landbouweekblad se spesialistydskrif met snypuntinligting om elke vertakking ’n mededingende voordeel te gee, is nou op die rak.
Landboutegnologie ontwikkel teen ’n verbysterende snelheid. Dié splinternuwe uitgawe van Tegnologie bevat sowat 50 vernuftige hulpmiddels wat boerdery meer vaartbelyn maak en jou help om slimmer te boer. Lees meer oor toepassings wat wissel van alternatiewe energie, bemarking en algemene bestuur tot meganisasie, vee, tuinbou en grondgesondheid. Bly op die hoogte van sonkrag, hoe boere kunsmatige intelligensie benut, netto voerinname en genetiese vordering, én vernuwings wat uitvoer vergemaklik.