NGUNI-BEESTE
R250.00
Dr. Hans van de Pypekamp se nuwe boek Nguni-beeste: Kenmerkende raseineskappe en funksionele doeltreffendheid verskaf ’n oorsig oor die Nguni se unieke karakteristieke raseienskappe, ekonomiese belang en hul potensiaal vir volhoubare beesboerdery en vleisproduksie. Dit is ’n waardevolle verwysing vir boere, telers en enige mens wat ’n belangstelling het in of betrokke is by Nguni-beeste.
In Stock
Beskrywing
Dr. Hans van de Pypekamp se nuwe boek Nguni-beeste: Kenmerkende raseienskappe en funksionele doeltreffendheid verskaf ’n oorsig oor die Nguni se unieke karakteristieke raseienskappe, ekonomiese belang en hul potensiaal vir volhoubare beesboerdery en vleisproduksie. Dit is ’n waardevolle verwysing vir boere, telers en enige mens wat ’n belangstelling het in of betrokke is by Nguni-beeste.
Die Nguni is ’n rasegte, inheemse ras wat fenotipies en genotipies van ander beesrasse verskil. Sekere karakteristieke eienskappe wat duidelik by die Nguni-bees geïdentifiseer word, word in verdere detail in hierdie boek beskryf en geïllustreer deur verskeie foto’s wat die outentieke waarde van die boek verhoog.
Die meeste van die aansteeklike siektes wat lewende hawe bedreig, soos bosluisoordraagbare siektes, kom endemies in die tropiese en sub-tropiese streke van Suider-Afrika voor en is verantwoordelik vir ernstige veeverliese. Die inheemse Nguni het oor ’n lang tydperk in hierdie ongunstige en “ongesonde” beesstreke oorleef en word beskou as gehard en goed aangepas.
Mag hierdie boek ’n inspirasie wees vir almal wat betrokke is by die bevordering en bewaring van hierdie unieke beesras.
Hierdie boek is ook verkrygbaar in Engels as Nguni Cattle: Breed Characteristics and Functional Efficacy.