TEGNOLOGIE #4
R80.00
9 in stock
Beskrywing
Kragkwessies, kommunikasie op plase en wurgende insetkoste is uitdagings waarvoor boere staan – en waarvoor boere én landboumaatskappye oplossings bied. In die jongste uitgawe van die spesialistydskrif Tegnologie (#4) kry jy groot en klein oplossings uit plaaslike en internasionale geledere. Hoe word data naatloos geïntegreer in bestuurstelsels? Hoe kan meganisasietegnologie wins toevoeg (en hoe vinnig kry jy ’n opbrengs op jou belegging)? Presisieboerdery en beskikbare tegnologie kry nou ook stewige vastrapplek in die vrugte- en veebedryf (die graanbedryf is al heelwat verder gevorder). Danksy raad van kenners kan kunsmis, grond en siektebestuur nou nóg fyner bestuur word, kry produktiwiteit op plase ’n ernstige hupstoot en kan sonkrag reg benader word sodat dit optimaal werk. Tegnologie hoef ook nie duur te wees nie. ’n Eie toepassing waarvan die ontwikkeling R15 000 gekos het, het ’n viervoudige toename in omset binne net vyf jaar teweeg gebring. Boere gee ook waardevolle raad oor hoe om tegnologie slim te benut. Soos een graanboer dit stel: “Dit bied my 1 000% opbrengs op inligting.”