VANMELEWE SE VUURSTORIES VAT VLAM
R180.00
In Stock
Beskrywing
Die bekende boer en skrywer Gert Sarrisam het 500 eksemplare van sy jongste boek, Vammelewe se vuurstories vat vlam: Ware verhale uit Namakwaland, geskenk, waarvan die volle opbrengs ook in Agri SA se droogtehulpfonds gestort gaan word. Sarrisam neem die leser op sy eiesoortige manier op reis deur die wel en weel van die mense van Namakwaland. Oor die 41 stories, en Sarrisam se unieke skryfstyl, skryf Dana Snyman: “’n Mens kan nie een ander skrywer dink wat al beter en mooier oor hierdie omtes as oom Gert geskryf het nie. Hierdie stories is nie net ’n stuk kultuurgeskiedenis nie. Ons kan ook by jou leer om met meer genade en liefde na ons voormense en almal rondom ons te kyk.”