Vee 11
R65.00
In Stock
Beskrywing
Die veebedryf trek swaar en baie veeboere boer tans teen ’n verlies. In die jongste uitgawe van
Vee – die 11de – gee kenners broodnodige finansiële raad – hoe om te oorleef, watter slaggate om
te vermy en watter gesonde geldgewoontes jou gaan deurtrek. Herlewingslandbou begin nou die
rekeninge betaal – lees van boere wat ’n “gratis” plaas kry danksy groter troppe, en hoe perde (en
erdwurms!) die somme op ’n Vrystaatse saaiplaas laat klop.
Nóg hoogtepunte is boere wat planne maak op plase met uiterste klimaatstoestande en vee laat floreer,
’n hele paar wat altyd ’n paar treë voor droogtes bly, en raad om reg te sif vir geldmaker-diere.
Hoe gemaak met tegnologie, markte, biosekerheid, voeding, ingrypende veldherstel en die regte
teelbenadering? Vee het die antwoorde hierop (en vele meer).