VRA DIE VEEARTS WAT KLEINVEEBOERE MOET WEET
R285.00
Dr. Faffa Malan en prof. Gareth Bath se nuwe boek, Vra die Veearts – Wat kleinveeboere moet weet, is saamgestel uit antwoorde op vrae rakende die algemeenste skaap- en boksiektes, soos bloutong, aborsies, hartwater, geilsiekte en longontsteking, en die diagnose en behandeling daarvan.
In Stock
Beskrywing
Dr. Faffa Malan en prof. Gareth Bath se nuwe boek, Vra die Veearts – Wat kleinveeboere moet weet, is saamgestel uit antwoorde op vrae rakende die algemeenste skaap- en boksiektes, soos bloutong, aborsies, hartwater, geilsiekte en longontsteking, en die diagnose en behandeling daarvan. Vergiftiging weens plante, ander toestande, soos gewrigs-, oor- en oogprobleme, en voedingsprobleme kry ook aandag. Daar is ook afdelings oor entstowwe en die korrekte gebruik, die korrekte inspuitplekke en die verskuiwing van skape. Dit is nie ‘n handboek wat alle moontlike siektetoestande beskryf nie, maar beantwoord vrae van skaap- en bokboere oor probleme wat hulle daagliks op die plaas beleef. Die boek behoort vir elke kleinveeboer in die land van waarde te wees. Dit is ‘n A5-grootte gids van 204 bladsye.