Die wonder van UHDSB

R120.00

Kategorieë ,

Beskrywing

‘Tydens my loopbaan van meer as 50 jaar as veeboer in die Karoo het ek deurgaans metodes gesoek om te verseker dat die vee en veld mekaar eerder volhoubaar komplementeer as om mekaar te vernietig. My navorsing oor en die ontwikkeling van ultra-hoedruk-strookbeweiding (UHDSB) is op semi-ariede Karooveld gedoen. Die navorsing het gunstige resultate gelewer, veral om verlore potensiaal te herstel en produksievlakke op ‘n volhoubare wyse te verhoog.”

“Danksy verskeie faktore is hierdie beweidingstelsel uiters geskik vir die meeste veld- en boerderytoestande. Die filosofie agter hierdie soort hulpbronbenutting behels ‘n paar maklike verstaanbare beginsels waardeur die 50-75% potensiaal wat tydens die afgelope 200 jaar verlore gegaan het, herwin kan word. UHDSB is die enigste manier waarop die tempo van agteruitgaan in die huidige bestel gestuit kan word.”

” Ek hoop die UHDSB-handleiding sal iewers ‘n veeboer inspireer om sy grond met ‘n ander gesindheid te bestuur en hom aan te spoor om die volkome pad te loop.”  – Andre Lund

 

Resensies

Daar is nog geen resensies.

Wees die eerste gebruiker om “Die wonder van UHDSB”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui