Beskrywing
Finansiële rekordhouding vir ‘n boerdery is ‘n nuttige handboek deur dr. Philip Theunissen, bekende landbou-ekonoom en forensiese rekenmeester van Bethlehem.
Die handboek van 174 bladsye is geskryf met die doel dat ‘n rekordhoudingstelsel vir ‘n boer moet werk, nie die boer vir sy rekordhoudingstelsel nie.
Dié boek is in 25 hoofstukke opgedeel, met onder meer die volgende onderwerpe:
* Die noodsaaklikheid van finansiële rekenskap.
* Die nut van finansiële rekords.
* Komponente van finansiële rekords.
* Die opstelling van rekords.
* Bates en laste.
* Eienaarsbelang.
* Inkomste en uitgawes.
* Lenings, huurkope en eienaarsbelang.
* Verslagdoening en die verskillende state, soos die balansstaat, die inkomstestaat.
* Ander aspekte wat gehanteer word, is landbou-ekonomiese begrippe, verhoudingsgetalle en belasting, en nog veel meer.
Resensies
Daar is nog geen resensies.