Landbou Vee 7

R50.00

Kategorieë ,

Beskrywing

Die 7de uitgawe van Vee verskyn in ’n tyd van groot onsekerheid en ontwrigting vir die hele wêreld weens die Covid-19-pandemie. Suider-Afrika se veeboere het egter weer gewys dat niks hulle gaan stuit nie. Hulle omseil die verbod op groot byeenkomste deur veilings aanlyn via toepassings te hou. Lees ook oor die planne wat boere in droogtegeteisterde gebiede maak om te oorleef en selfs winsgewend te bly boer. Die pionier van ultrahoëdruk-strookbeweiding in die land, asook ’n gerekende beesboer wat tot herlewingslandbou “bekeer” is, gee raad oor hoe om dié praktyke te laat werk. Daar is ook raad oor dieregesondheid en -voeding, bestuur en teling, en kenners in verskillende bedrywe voorspel wat die volgende jaar kan inhou. Daar is natuurlik oudergewoonte artikels oor verskeie klein- en grootveeboere se boerderye en suksesverhale.

 

Inligting om jou op die winspad te hou.

Alles wat die veeboer vanjaar moet weet.

Resensies

Daar is nog geen resensies.

Wees die eerste gebruiker om “Landbou Vee 7”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui