Spore oor die veld

R450.00

Kategorieë ,

Beskrywing

Tussen 1995 en 2006, danksy Bosveld-treinsafari’s, het die skrywer opnuut onder die indruk gekom van Suider-Afrika se buitengewone spoorweg-erfenis. Dit het die sub-kontinent ontsluit en daartoe bygedra dat Suid-Afrika tot ’n ekonomiese reus ontwikkel het. Hoewel verskeie publikasies bestaan oor spoorlyne in sekere provinsies, is daar nie ’n werk wat die hele Suid-Afrikaanse netwerk in besonderhede beskryf nie. Dit het daartoe gelei dat inligting versamel is om hierdie boek van meer as 340 blaaie te publiseer. Nambië is ook ingesluit. Die boek bevat ’n oorsig oor die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse spoorwegnetwerk, volkleurkaarte, dosyne foto’s wat landwyd geneem is, tabelle met syfers en interessante feite, en gedetailleerde beskrywings van elke spoorwegroete en wat daar langs aangetref kan word. Met dié boek oor Suid-Afrika se spoorweggeskiedenis kan lesers as’t ware kruis en dwars deur die hele Suid-Afrika reis en terselfdertyd meer leer oor ons natuurskoon, geboue, geskiedenis en toerisme. Daar is ook datumlyste en ’n bronnelys aan die einde.

Resensies

Daar is nog geen resensies.

Wees die eerste gebruiker om “Spore oor die veld”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui