Vra die veearts Wat beesboere moet weet (2)

R300.00

Kategorieë ,

Beskrywing

Dr. Faffa Malan, Suid-Afrika se bekendste veearts, maak met sy nuutste boek die beesboer se taak baie makliker. In agt hoofstukke beantwoord hy en ander kenners vrae oor alles van praktiese bulbestuur en veeproduksie tydens droogtes tot parasietbestryding en die beste tyd om kalwers te bemark.

Die boek is ’n opvolg op die 2010-topverkoper Vra die Veearts: Wat beesboere moet weet (1).

Die agt hoofstukke handel oor bestuur, voeding, vleis- en groeibevorderaars, suiwel, teling, parasiete, siektes, en vergiftigings, geskryf deur Malan en ’n aantal mede-veeartse vir landbou.com na aanleiding van vrae wat beesboere op die gewilde aanlyn Vra vir Faffa gevra het.

Die boek fokus op die praktiese aspekte van beesboerdery, soos veilige veehantering, hoe om hittestres by melkkoeie te voorkom en wenke vir oorwintering op mieliereste. Terselfdertyd bied die boek wetenskaplike inhoud aan met artikels oor parasiete en parasietbestryding en beskrywings van die belangrikste siektes wat by beeste voorkom: alles van ouplaassiekte tot listeriose.

Die 184 bladsye in die A5-formaat maak die boek ’n stewige hulpmiddel vir elke beesboer. Dié handleiding is gemaak om in jou bakkie se paneelkissie gebêre te word – altyd byderhand.

Resensies

Daar is nog geen resensies.

Wees die eerste gebruiker om “Vra die veearts Wat beesboere moet weet (2)”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui